Welkom by Swemreg Swemskool

Hier by Swemreg Swemskool kan u maar met gemoedsrus u kind die geleentheid bied om te leer swem. 'n Veilige & vriendelike omgewing. Swemlesse word, 2 keer per week, aangebied in 'n binneshuise verhitte swembad. Opgeleide sweminstrukteurs hou persoonlik toesig oor klein groepies kinders waar hulle lewensnoodsaaklike vaardighede aanleer. 

Waterbewustheid en � veiligheid is baie belangrike fundamentele aspekte wat kinders van kleinsaf aangeleer moet word. Swem is dus nie net vir plesier nie maar �n belangrike lewensvaardigheid.

Ons bied swemlesse vir babas vanaf nege maande, vergesel van 'n mamma of 'n pappa. Dit bied die geleentheid vir die kind om vertroud en gemaklik te wees in water, en nie 'n vrees vir water aan te leer nie.

Kleuters word nie meer vergesel deur hulle ouers nie, en hulle sluit aan in klein groepies wat deur opgeleide sweminstrukteurs geleer word om te swem. Belangrike vaardighede - soos om kalm te bly as hy/sy inval, om te draai na die wal, en selfs om hulleself uit die swembad te trek - word die kinders op hierdie vlak aangeleer.

Indien u meer inligting verlang omtrent die verskillende lesse, volg gerus die skakel na swemlesse. Daar sal u die tye vind van die onderskeie swemklasse. Hou gerus ook ons kalender dop vir kennisgewings omtrent ons program vir die komende seisoen.

Vir die gerief van die ouers, het ons die aansoekvorms vir u ook beskikbaar gemaak om rustig op u tyd by die huis deur te gaan. Die ondertekende dokumente kan dan ingehandig word vanaf 20 Augustus tot 30 Augustus, wanneer ons kantoor oop is om registrasies te ontvang.

Terug Terug na bo
JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-posadres
     
  Sel nr.
  Geboortedatum